Thursday, October 15, 2009

melodramatiese madonna

 

Madonna sê as sy nie so hard gewerk het nadat sy en Guy Ritchie uitmekaar uit is nie het sy dalk selfmoord oorweeg. Midde-in die drama van haar skeisaak het Madonna besluit the show must go on en het sy die wêreld platgedraf met haar Sticky & Sweet toer. “Dit was ‘n moeilike jaar,” vertel sy vir Rolling Stone. “Ek kon myself dalk van ‘n gebou afgegooi het. Ek dink my werk het my gered en daarvoor is ek baie dankbaar.”

Vir my klink dit bietjie over the top. Die vrou het drie kinders en het hierdie jaar ‘n vierde een aangeneem, maar hulle het haar nie gered nie? Dan praat ek nie eens van Kaballah en haar geliefde model toyboy Jesus nie. Kry ‘n grip vroumens. Baie mense skei en nog meer sukkel deur hierdie lewensissues sonder wêreldroem en miljoene in die bank.

No comments:

Post a Comment